so ietsie vir die afrikaanse lede

Joined
10 May 2007
Posts
3,629
Reaction score
29
Location
Cape Town
Ja…..Afrikaans, die mooiste, skoonste taal…

My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap.

Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam

Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.

Sy is so kort sy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie

Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.

Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie
 

Frankthetank

Franco
Joined
28 Oct 2008
Posts
21
Reaction score
0
Location
Pretoria
• Wat noem jy 'n deurskynende hasie? Spasie

• Wat noem jy 'n hasie in 'n pyp? Blokhasie

• Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie

• Wat noem jy 'n hasie ini hospitaal? Operhasie!

• en 'n hasie ini spur? Inspirhasie!

• en hasies wat paar? Vibrhasie!

• wat noem mens 'n hasie met GPS? Navighasie

• Wat noem mens 'n rugby hasie? Paashasie

• 'n Halwe hasie? 'n Sie

• 'n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie

• 'n Walt Disney Hasie? Animhasie

• 'n Vuvuzela Hasie? Gerhasie

• Wat noem 'n mens 'n hasie op 'n telefoon? Kommunikhasie

• Wat noem 'n mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie

• wat noem 'n mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie!!!!

• wat noem jy 'n ryk hasie? Inflhasie!!

• 'n Hasie wat boer? Plasie...

• Wat noem mens 'n siek hasie? Inflamhasie

• Wat noem jy 'n hasie wat oorsee gaan?.... Immigrhasie

• Wat noem jy 'n hasie met spuitpoep? Purghasie!

'n IT hasie ? Instalhasie

• iemand wat heeltyd hasie grappies vertel? Irrithasie
 
Joined
2 Jun 2008
Posts
2,420
Reaction score
15
Location
Cape Town
Classic!!
 
Joined
24 May 2007
Posts
11,995
Reaction score
126
Location
North of Durban and South of Mozambique
Sielkundige vra aan man: kyk jy na jou vrou se gesig gedurende seks?
Man: Ja, maar sy't die laaste keer redelik die moer in gelyk!
Hoe so, vra sielkundige?
Man: sy het by die venster ingeloer
 
Joined
10 May 2007
Posts
3,629
Reaction score
29
Location
Cape Town
Die mens is op aarde geplaas om ìn sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.
 

Similar threads


Top