Hallo Hennie,
Ons het 'n tenk al vir drie jaar maar ons kennis is maar min, bitter min. Ons het die tenk 'gestabiliseer' oorgekoop. Die visse gaan goed aan maar die kleur van die klippe is nie vir my normaal nie. Donkerrooi, van wat ek opgelees het cyanobacteria as ek reg is. Hier en daar is daar helderrooi alge met borreltjies op en so 'n bruinerige groenerige een ook. Daar is ook op die een klip 'n helderblou organisme aan die groei, maar 'n troeteldierwinkel eienaar het gese dit is spons? Wat kan ons doen omtrent die alge? Ons gebruik water uit 'n osmose filtreerder vir die tenk en doen gereeld (1x elke twee maande?) 'n wateraanvulling. Die sagte korale in die tenk leef nou al vir 6 maande sowel as die vissies. Daar is vissies wat al drie jaar in die tenk is. Ek sal baie bly wees vir enige raad.
Groete
Adele