Goeie Dag

Joined
11 Feb 2009
Posts
7
Reaction score
0
Ek hoop ek doen dit reg,eks nog nie heeltemal so slim met die hele komputer ding nie.
My seun het my gehelp om te soek vir hulp en advies oor see tanks.
Ek hou all see visse aan van 1993,nie groot tanks nie maar so deur die jare het ek maar aangeleer wat ek kon uit boeke. Ek wil nou weer in die hele storie inkom en kort baie advies. Nou dat ek uitgetree het is daar net te veel tyd op my hande

Nou ek kyk om so 150 litre tank weer te kan doen met n klomp anemone en nemo's,sien baie mense kry dit reg om anemone nou aan te hou,myne het altyd net gevrek,daai mooi wittes,will weer van hulle probeer.
Enige Advies

Groete
Piet
 
Hallo Oupa Piet , en welkom by MASA.

Ek sal my terugvoer in Afrikaans en Engels doen, sodat ons ander nie- Afrikaans sprekende lede ook kan verstaan.

Dis wonderlik dat jy besluit het om weer te begin met 'n see tenk. Dis seker een van die beste stokperdjies wat daar is.
Sodat ons jou beter kan help , kan jy vir ons meer besonderhede verskaf in terme van :

1. Wat wil jy graag aanhou in die tenk (Visse , korale anemone ens.) ?
2. Watter toerusting het jy reeds vir jou 150liter tenk (ligte , skimmer ens) ?

Translation:

Hello Oupa Piet and welcome to MASA.

It's great that you have decided to get back into marines . This must be one the greatest hobbies there is.
In order to help us help you , we need some more details from you:

1. What do you wish to keep ? (fish , corals etc.)
2. Please give us some more details on your 150liter setup (lights,skimmer etc.)

:)
 
Dankie Appolo

Jammer maar my engels is regtig vrot so gan nie eens probeer nie.
Ek will net n paar visse en anemone aanhou,korale is nog te vreemd en ingewikeld vir my

Ek het nog nie die tank nie maar het wel nog van my undergravel filters wat nog reg is en daar le nog baie van my ou sandsteen errens.
Ek het al gehoor van die skimmer maar gedink dis net n foefie gewees. Heet n mens regtig een nodig?
 
Welcome to the Forum Piet. Just remember that Anemones need light and good (almost perfect) water parameters, and it definitely needs to be in a well matured tank. So I guess you will only start with anemones once your tank is well matured????
 
Dankie Appolo

Jammer maar my engels is regtig vrot so gan nie eens probeer nie.
Ek will net n paar visse en anemone aanhou,korale is nog te vreemd en ingewikeld vir my

Ek het nog nie die tank nie maar het wel nog van my undergravel filters wat nog reg is en daar le nog baie van my ou sandsteen errens.
Ek het al gehoor van die skimmer maar gedink dis net n foefie gewees. Heet n mens regtig een nodig?

Ja, die skimmer is baie belangrik. Dit vorm die basis van die meganiese filtrasie vir jou tenk. Undergravel filters is nie die beste metode van filtrasie as dit by seetenks kom nie, aangesien daar 'n klomp gemors kan opgaar in die filter wat later jou water kwaliteit sal beeinvloed.

Soos wat Sean reeds genoem het : Anemone benodig 'n baie stabiele omgewing met baie goeie water kwaliteit. Dit vat gewoonlik omtrent 1 jaar vir 'n tenk om stabiel genoeg te wees om anemone aan te hou. Anemone het baie spesifieke vereistes in terme van lig , voeding ens. Indien jy nie baie seker maak dat jy hierdie kondisies kan verskaf , sal jou anemoon nie gelukkig wees nie en waarskynlik vrek.

Ek sou voorstel dat jy gerus kyk na die thread "Starting a marine tank" in die "new Members" forum vir meer informasie aangaande 'n seetenk.

Enige vrae wat jy het sal met graagte beantwoord word deur MASA lede .

Transl.

Yes , a skimmer is very important. It forms the base of the mechanical filtration in your tank. UG filters are not the best way to go since they may accumulate lots of detritus which can negatively impact the water quality.

As Sean has already stated : Anemones require stable water conditions which are normally only found in a setup that is a year old or so. Anemones have very specific requirements in terms of light , feeding etc. If you are unable to provide these , you're anemone will not be happy and will probably die.

I suggest you have a look at the thread "Starting a marine tank" in the New members forum. It will give you more information regarding a marine tank.

Any questions you may have will be gladly answered by the MASA members
 
wel dankie,lyk my die ou man sal maar van voor af moet begin met als wat hy weet. Ekt nog al die jare undergravel gebruik,sal dit nie help as ek die goed onder die undergravel uitsuig nie

Vinnige vraag,hoekom vat dit 3 maande vir die water om reg te wees,kan ek dit net los in bakke met n airstone?

Hoeveel lig is nodig? Sal 4 tubes genoeg wees? Daai wat jy koop by mica?
Ek sukkel nog altyd met alge,my klippe word altyd groen van die goed dan moet ek dit uithaal en nuwe klip sandsteen klip gan soek om in te sit
 
Piet, jou tenk moet eers "Mature"- menend dat die bakteria wat nodig is om die water ens te versorg, moet groei binne jou tenk. Die hele tenk sal eers deur 'n "cycle"moet gaan om die Amonia en Nitrite om te sit in goeie bakterie. Deur dit in bakke te sit en te los met 'n Äirstone" sal nie werk nie. Mense praat van drie tot 04 maande want dit is gewoonlik die tyd wat 'n tenk vat om deur sy siklus te gaan. Jy wil juis nie undergravel gebruik nie, omdat jy elke keer die goggas en goeie bakterie gaan uitsuig en as jy sand in jou vertoon tenk gaan insit, wil jy juis nie die sand baie steur nie, behalwe om so nou en dan die "detritus" op te suig of te steur.

Ligte- Gewone ligte kan jy maar vergeet van as jy korale of Anemone wil aanhou. Kyk na die T5 reeks of "metal Halides". Die lig intensiteit is genoeg vir korale, waar gewone ligte nie die spektrum sal bereik nie. As jy kyk na 'n 150 liter tenk, kyk dan miskien na 1 x 150 watt Metal Halide en so min of meer 02 Fluorescent ligte.

Alge is 'n probleem in meeste van die tenks, maar dis gewoonlik agv te veel kos (nitrate en Fosfate in die water Kolom, min watervloei, verkeerde beligting om maar net 'n paar te noem)

Maar dit is iets wat jy kan elimineer. Probeer om eerder goeie "Liverock "vir jou tenk te kry...


For the English Version- Please read Beginners Discussion in the New Members Forum- More or less what I tried to say...
 
Piet,

Sean het jou reeds goeie advies gegee oor 'n nuwe tenk.

Dit is wel baie belangrik om the sorg dat jy goeie kwaliteit lewendige rots (live rock) kry om in jou tenk te sit.

In my opinie is Sandsteen wel poreus genoeg , maar is nie die beste om 'n nuwe tenk mee te begin nie. Live rock wemel van bakterie en ander lewensforme , so dit help baie om jou siklus te bespoedig en vorm die biologiese filtrasie bousteen van jou tenk.

English version :

The addition of good quality LR is very important in order to establish the cycle. It forms the biological filtration part of your system.
Sandstone is porous enough , but not the best to add to your setup IMO.
 
Piet,

Een laaste gedagte van my kant af:

Kennis wat jy opgebou het deur die jare gaan nooit verlore nie.
Die tegnologie in terme van seetenks het taamlik vooruitgegaan in die afgelope 10 jaar of so. Sekere aspekte van seetenks aanhou en die opinies wat daarmee gepaard gaan het ook baie verander deur die jare. Moenie laat dit jou van stryk bring nie.

Ja, dit is 'n duur stokperdjie maar definitief een wat deur en deur die moeite werd is, solank dit deeglik beplan is.

My advies sou wees : Lees soveel jy kan oor seetenks. Vra baie vrae hier in die forum en vat dinge een dag op 'n keer.

Transl.

A parting thought from my side:

Knowledge you have gained through the years is never lost . There have been many technological changes and advances over the years, insofar marine fishkeeping is concerned. The different ways of doing things and opinions on certain aspects of marines, have also changed.

Don't let this get you down.

Yes, keeping marines is an expensive hobby but also one which is worth every cent spent, if you plan it carefully

My advise : Read as much as you can , ask lots of questions in the forum and take it one step at a time .

:)
 
Ok wag ek lees nog deur all die advies en al die nuwe maniere en goed,baie het verander jong,voel nou ouer as wat ek is. Als wat ek geken het is verkeerd.
 
Oupa piet baie welkom. Ek het ook vir baie jare 'n see tank gehad net met vis. 'n Paar maande gelede het ek Sean se "tank" in die koerant gesien en besluit om hom op te spoor. Vandag is ek bly vir al die raad en bystand wat hy vir my gegee het. As gevolg
van hom het die gogga nou my man ook gebyt en is my "tank" nou reg vir korale en annemone.

Hou moet en luister maar wat die "geleerdes" jou se en aanvaar die raad want hulle weet hoe

Groete
Madelein
 
Welkom Oupa Piet

Nog goeie advies sal wees om eers te vra voor jy enige iets koop by `n petshop, al vra jy net vinnig sal daar iemand wees wat die beste advies kan gee, dit sal op die ou einde baie baie geld spaar om van die begin af die regte toerusting te koop.
 
Back
Top Bottom